Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT
Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT [boodskap #21365] Do, 25 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Skipper onder God"
in "Domus."
Marlise Joubert

Onder die rooi karos van kannas
koel koper van jou taal
tel ek ons rinkhalsdae verby die sterre
glo ek dat lig verkleur soos orreltone
terwyl jy praat en ruik na
onthoofde grasperke
hoe anders dan as om te kreun
soos waansinnige gebede in jou arms
om my vas te vang vir altyd
in die treurige raamwerk van jou bors
om my net te laat leef
uit die bloed van jou wêreldseë
uit elke sending van jou wit verlang
so wild so bang
vir die liefde
Vorige onderwerp: "Die Swarte Osse" deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:00:59 MGT 2024